Pieter van der Westhuizen [ Volkswagen Golf 7 ]

09 August 2017

Best Morne,

Ek wil net terugvoering oor die Volkswagen Golf en die diens wat jy persoonlik, sowel as Graham’s as n maatskappy, aan my gelewer het,

Van die tegemoedkoming om jul oorspronklike datum aan te pas om die die motor op te neem, ek besef dat jul orientasie teenoor diens en kliente ander as die normale besigheid is,

Die vreindelike, deeglikheid waarmee Chris die motor ondersoek het, het my beindruk,

Jou eie optrede teenoor my as klient het boekdele gespreek, Die verdere verantwoodrelikheid, en aanname van trotsheid op werk wat gedoen moes word op die Volkswagen Golf 7 was weerens n herbevestiging dat my motor in goeie hande was, Jou gereelde weeklikse terugvoering oor die status van die werk gedoen – en wat nog gedoen behoort te word het aan my bevestig dat die werk professsioneel gedoen sal word,

Selfs tot op die laaste ondersoek deur Volkswagen Paarl, is bevestig dat jou standaarde slegs die beste behels,

My skakeling met julle dames te ontvangs was altyd met alle vriendelikheid an behulpsaamheid begroet – die totale diens pakket werk goed!,

As iemand wat self vele jare met diens en bestuur betrokke was, was dit vir my n riem onder die hart om te vind dat die tipe diens wat ons altyd nagesteef het, nog welbestaan – al is dit besonder moelik om dit vandag nog onder besigheid te vind,

Ons het die Volkswagen Golf Sondag vir n deeglike toetsrit na Kleinmond geneem en was besonder beindruk, nie net met sy lewendige werkverrigtinge nie maar die versekerde padvaardigheids en veiligheidsgevoel ten alle tye,

Werklik n plesier vir om weer te kon bestuur!

Hartlike dank aan jou en aan Graham’s om sodoende weer die vertroue in my motor te kon herwin – Julle waarborge verder onderskryf julle professionele diens en betroubaarheid,

Vriendelike groete.

 

 

 

 

 

 

 

 

Comments for this post are closed.