Geagte Morne, Sonya, Christall en Marlene
Vergun my om graag langs hierdie weg ‘n opregte woord van dank uit te spreek vir julle knap diens. Dit getuig in een woord van goeie klientediens en kliente vriendelikheid.
My dogter is ‘n dokter en kon nie altyd self omsien na die herstel van haar voertuig nie en ek moes van Pretoria af inspring om die proses te bestuur. Julle almal het ‘n reuse bydrae gelewer om dit suksesvol te maak
Morne het selfs in ‘n tyd wat julle reeds vir Desember gesluit was my oproep op sy selfoon geneem en van raad bedien. Ook later in die herstel proses was sy deur altyd oop vir my en kon ek hom met vrymoedigheid nader.
Sonya was talle kere my toevlug wanneer ek wou verneem oor aspekte betreffende die herstel proses en die vordering daarvan. Sy het my altyd met die grootste geduld behandel en in ‘n kort tyd my stem oor die foon herken
Christall het my baie gemoedsrus gegee oor die finansies wat sy kennelik met groot kundigheid bedryf. Haar rekord spoed om op my e posse te reageer was indrukwekkend
Marlene het klinkklare bewys gelewer dat julle onderneming absoluut vir mense omgee. My kind het gister haar kar in ontvangs geneem en by die huis aangekom moes sy ontdek sy het haar woonstel sleutel aan die leen kar se sleutel vergeet. Sy het my inderhaas gebel en ek het julle landlyn nommer gebel. Marlene het die foon om 17h13 (2 minute voor sluitingstyd) beantwoord. Indrukwekkend. Sy het na my storie geluister en onmiddelik ingewillig om vir my dogter te wag wat toe alreeds weer op pad terug na Grahams toe was. Om 17h25 het my dogter weer haar sleutel gehad
Baie dankie ook vir die puik herstelwerk. My dogter is baie tevrede
Groete
